Oor teleskope en weerlig en ‘n krisis in kosmologie


Sterre en Planete het by die Vrystaat Kunstefees gekuier, waar ons ’n program voor ’n gehoor opgeneem het, wat ons met allerhande vrae bestook het. Ons gesels onder andere oor teleskope en weerlig, en ’n krisis in kosmologie wat die James Webb ruimteteleskoop moontlik nog sal kan oplos.