Wêreldradiodag
Op Maandag, 13 Februarie, het ons Wêreldradiodag herdenk. Luisteraars het hul foto’s van hul daaglikse radio met ons op Twitter en Instagram gedeel.
Só luister ons luisteraars na RSG:

Johan Bakkes luister na ’n ou radio wat op sy meenthuis se ou alarmbattery gekoppel is tydens beurtkrag. Die radio staan op die ou antieke bank, met die ronde opvoubare tafel in die agtergrond. Albei is ‘n minimum van 130 jaar oud. Die kers in sy blaker, en gasbottel is ook sigbaar.

Lieb Wessels se ou Rally motorradio is byna 50 jaar oud. Lieb dryf dit aan met ‘n 12 volt transformer vanaf 240 volt krag.

Engela Pienaar luister op ’n tradisionele radio tydens beurtkrag en deur die slimfoon wanneer wifi beskikbaar is.

Corien het hierdie foto ingestuur van ’n radio met braaitang as antenna. Die radio se tuiste is by Meraai se huisie op die Langebaan-lagoon.

Elna Strydom vertel dat haar getrou FMpie in ’n sentrale plek in die huis is en al wat dit stilmaak is pap batterye.

Ansie Nieuwenhuis se huis is nooit stil nie. Tydens beurtkrag trek sy die elektriese draad uit en gebruik die battery.