Opposisie-ministers kry baie aandag, maar hoe vaar hulle?


ANC-ministers mor glo omdat hulle nie dieselfde aandag en mediablootstelling kry nie as hulle kollegas van opposisiepartye. Hulle is glo veral ongelukkig oor die aandag wat Gayton McKenzie, Pieter Groenewald en Dean McPherson kry.

In twee rubrieke in die afgelope Sondag se Sunday Times word die ANC-ministers gelooi. Die voormalige redakteurs, Barney Mthombothi en Peter Bruce, sê die ANC is te gewoond aan mag en het geen goeie storie om te vertel nie, terwyl die werkverrigting van die opposisiepartye se ministers in meeste gevalle tot dusver goed is.

Hoe vaar die nuwe opposisieministers werklik? Ons praat hieroor met professor Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit se sakeskool.