Ozempic en gewigsverlies

Die naam Ozempic is op almal se lippe, want almal wat graag gewig wil verloor, gryp na dié middel wat eintlik vir diabete bedoel is. Kan dit jou werklik help om gewig te verloor? Is daar slaggate waarvan jy moet kennis neem? Is Ozempic se doserings voldoende vir goeie gewigsverrlies? Wat gebeur as jy die middel staak. Marí Hudson gesels om 11:30 met dr Marius Wasserfall, internis by Panorama Mediclinic oor Ozempic en ander GLP-inhibitore. Hy vertel ook meer oor die SGLT2-middels wat nierversaking dramaties kan vertraag, hy noem die name van die middels en vertel hoekom dit nog nie vir mense wat amper op dialise is en reeds op dialise is, gebruik word nie, maar dat dit belowend lyk dat dit wel in die toekoms kan gebeur.   Lees en luister ook na die volgende artikel en potgooi vir … Lees meer Ozempic en gewigsverlies