Ons bied weer spesiale programme op Goeie Vrydag aan
Ons bied weer ‘n reeks spesiale programme aan op Goeie Vrydag 15 April 2022.
Hier is meer inligting oor ons Goeie Vrydag-skedule
15 April 2022
06:00 – 06:10 Nuus en weer
06:10 – 07:00 Oggendstemming
07:00 – 07:05 Nuus
07:05 – 08:00 Monitor
08:00 – 08:05 Nuus
08:05 – 08:55 Loof die Here
09:00 – 09:40 Paasdiens
09:40 – 10:00 Musiektussenspel
10:00 – 10:05 Nuus
10:05 – 10:30 Vers en klank
10:30 – 10:55 Kortom
11:00 – 11:05 Nuus
11:05 – 12:00 Joernaalprogram. TWAALF VREEMDELINGE deur Lizelle de Bruin
Lizelle de Bruin praat met dr. Andries Cilliers van die Drieankerbaai-gemeente in Kaapstad oor die twaalf vreemdelinge wat Jesus gekies het om sy dissipels te wees. Twaalf mense wat niemand anders sou gekies het om die wêreld te verander nie. Hulle gesels ook oor die vroue in Jesus se lewe, en wat die Kruisgebeure vir ons beteken.
12:00 – 13:00 Simfoniekonsert. Die klankopname van die Czerny Nonet word op 15 April (Goeie Vrydag) in ’n spesiale uitsending, deur RSG uitgesaai, tesame met Schubert se welbekende Forelle Kwintet. Om die Czerny Nonet op die planke te plaas, is reeds sedert 2003 ’n droom van Willem Vogel, Artistieke Direkteur van Salon Music. So het hy toevallig in 2021 op die Petruccci webwerf op die transkripsie van die partituur afgekom en met befondsing van die Rupert Musiek Stigting en samewerking met Radio sonder Grense, ’n klank en video opname van stapel gestuur in die M1A ateljee by die SAUK. Nege top SA musici is ingespan hiervoor. Peter Cartwright (klavier), Carli d’Alebout (viool 1), Christopher Evans (viool 2), Ken Craig (altviool), Wernd van Staden (tjello), Jurgens de Lange (kontrabas), Lizet Smit (klarinet) Johan Ferreira (Engelse Horing) en Esther Watkinson (fagot). Die klankopname is behartig deur Frik Wallis en die multi-kamera video opname deur die Artmusic.TV kameraspan onder die regie van Willem Vogel. Lees meer.
13:00 – 13:05 Nuus
13:05 – 13:30 Simfoniekonsert gaan voort
13:30 – 14:00 Wie is ek: Hoe identifiseer ek met my kultuur se paasdagvieringe? Ons emosies word direk gekoppel aan ons geestesgesondheid, maar ook aan ons fisieke gesondheid. Woede, bitterheid, en gedgates van wraak het die potensiaal om ‘n persoon se lewe oor te neem. Om iemand te vergewe beteken nie dat jy die skade wat jou aangerig is, vergeet of verskoon nie. Vergifnis bring ‘n soort vrede wat jou help om aan te gaan met jou lewe, met of sonder die persoon/persone daarin. Die proses van vergifnis kan selfs lei tot gevoelens van begrip, empatie en selfs deernis vir die betrokke partye, maar ook met jouself. Maar dit is makliker gesê as gedaan. So kom vind uit hoe, en hoekom vergifnis ‘n kardinale rol speel in die proses van mooi na jouself kyk. Dit alles in Goeie Vrydag se episode van Wie is ek?
14:00 – 15:00 Radioteater. WAAROM, HERE? deur Joey van Niekerk. Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar. Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes te beurt geval het nie. Toe word hy ‘n tollenaar, en word ryk en magtig. Toe hy Jesus van Nasaret een dag ontmoet, verander sy lewe. Met Luan Jacobs, Jakkie Groenewald, Estel de Beer en Johny Klein.
15:00 – 16:00 Klassieke musiekprogram. DIE REQUIEM deur Terrance April
Die dodemis, ook bekend as die REQUIEM speel ‘n belangrike rol tydens Paasfees. Terrance April kyk na die ontwikkeling en betekenis van dié musiekwerk, met gepaste musiek ter inkleding. Hierdie program word tydens die sterwensuur (15:00) uitgesaai.
16:00 – 16:05 Nuus
16:05 – 17:00 Spesiale gespreksprogram – die lyding van Jesus. Ons praat dikwels oor die lyding van Jesus wat uitgeloop het op sy kruisiging op Golgota. Maar wat behels daardie lyding prakties? In dié program gesels Flip Loots met ‘n geneesheer, ‘n sielkundige en ‘n teoloog oor hoedanig Jesus se lyding moes wees met betrekking tot sy liggaam, sy gees en emosies, en sy belewenis van verwerping deur sy eie kerkmense.
17:00 – 18:00 Dis Gospel
18:00 – 18:10 Nuus en weer
18:10 – 18:55 Musiek
19:00 – 19:05 Nuus
19:05 – 19:15 Aandboekvoorlesing
19:15 – 19:20 Aandgedagte
19:20 – 19:30 Kinderstorie
19:30 – 20:00 Kompas
20:00 – 21:00 Oppiradio
21:00 – 21:10 Nuus en weer
21:10 – 21:20 Aanboekvoorlesing
21:20 – 22:10 Musiek sonder grense
22:10 – 23:00 Tjil
23:00 – 23:10 Nuus en weer
23:10 – 00:00 Laataandkuier