Bome vir Dorpe 1 & 2

Moet jy alle uitheemse bome uitkap as jy jou dorp wil vergroen? Die bekende botanis, dr. Ernst van Jaarsveld, neem ons die volgende aantal weke op ’n passievolle reis oor bome en plante vir elke streek. Hy gesels onder meer oor spekbome, ou peerbome en die inheemse katjiepieringboom. Byna alle vrugtebome in ons land, is uitheems en dit sal ‘n tragedie wees as ons van dié bome ontslae moet raak. As alle bloemkombome voor die voet uitgekap word, is ons byeboere en bye in die moeilikheid. Van die uitheemse bome is nie skadelik vir die natuur nie en nie indringers nie. Maar uitheemse bome op die indringerlys, mag nie verder aangeplant word nie. Luister na deel 2 oor ons reeks oor Bome vir Dorpe saam met dr Ernst van Jaarsveld:   Deel 1 Bome vir Mooi Dorpe Jy wil graag … Lees meer Bome vir Dorpe 1 & 2