Politieke gevolge van die uitgestelde begrotingsrede


Die DA en ander vennote in die Regering van Nasionale Eenheid mag dalk in die verlede agteroor gebuig het om die ANC en sy beleid in die RNE te akkommodeer, maar ‘n belastingverhoging was oënskynlik die laaste strooi. Die Minister van Finansies kon vir die eerste keer in meer as 30 jaar nie gister die begrotingsrede lewer nie. Terwyl opposisiepartye buite die RNE die regering van swak leierskap beskuldig het, meen partye soos die DA en VF Plus, die ANC het nou geleer hulle regeer nie meer alleen met ‘n volstrekte meerderheid nie. Ons praat hieroor met die voormalige leier van die DA, Tony Leon.