Pyn jou nek en skouers van lang ure voor ‘n rekenaar?
Tegnologie en vooruitgang is fantasties, maar nie altyd goed vir ons postuur en gesondheid nie.
Fisioterapeute moet al meer pasiënte behandel met erge skouer- en nekpyn en die pyne is gekoppel aan lang ure se sit voor ‘n rekenaar. Hoor hoe dit gebeur en wat jy kan doen om die pyn te verlig en te voorkom?