Begin typing your search above and press return to search. Press Esc to cancel.
Die Departement van Basiese Onderwys se planne vir transgender-riglyne vir onderwysers van kleuter- en laerskoolleerders het kritiek ontlok. Die planne is deur ‘n Belgiese organisasie befonds, en die departement sê die riglyne bevorder geen ideologie nie. Maar geloofsorganisasies, waaronder Christelike en Moslem-organisasies stem nie saam nie.
Ons praat hieroor met Marita Rademeyer van Jelly Beanz, ‘n organisasie wat kinders sielkundig bystaan. Marita is ‘n kliniese sielkundige wat langer as 30 jaar met kinders werk.