Regulasies om vuurwapens van veiligheidswagte te beperk


Die minister van polisie, Senzo Mchunu, se onlangse kennisgewing om vuurwapens van private sekuriteitsmaatskappye streng te reguleer en selfs te beperk, het wye reaksie uitgelok. Suid-Afrika is een van die misdadigste lande in die wêreld, met ernstige geweldsmisdaad soos moord, gewapende roof, transitorooftogte en swaar gewapende onwettige myners wat algemeen is. Daar is nou ‘n tydperk waar die publiek kommentaar kan lewer op die voorgestelde regulasies. Ons praat hieroor met Waal de Waal, van Bidvest Protea Coin.