RSG benodig JOU stem vir ‘n spesiale uitsending op Internasionale Moedertaaldag


Spits jou ore! RSG benodig JOU stem vir ‘n spesiale uitsending op Internasionale Moedertaaldag.

Vyf luisteraars se skryfwerk kan op 21 Februarie om 19:30 in Kompas gehoor word.

Hoe gemaak?

  • Skryf ‘n kort stukkie kletsrymteks
  • Gebruik minstens een van die volgende vyf woorde in jou kletsrym (jy mag meer as een gebruik):
    • Boepens
    • Kattekwaad
    • Pantoffel
    • Woefkardoes
    • Knormoer.
  • Neem dit op en Whatsapp die opname, saam met jou naam, van en waar jy woon na 064 743 4284.
  • Dit hoef nie ‘n professionele opname te wees nie. Selfoonopnames is voldoende.
  • Maak seker die woorde kan duidelik in jou opname gehoor word.
  • Die opname moet in MP3-formaat gestuur word.
  • Moet asseblief nie musiek invoeg nie, maak  slegs van woorde gebruik.
  • Tydsduur: Die opname moet tussen 30-sekondes en een minuut lank wees.
  • Spertyd 14 Februarie om 10:00.

Die beste kletsryme sal Vrydagaand, 21 Februarie, in Kompas gehoor word. Die kletsryme gaan deur ‘n professionele stemkunstenaar opgeneem word.

Waarvoor wag jy! Skryf dadelik jou kletsrym in,  en jou woorde kan op RSG gehoor word.