RSG en ATKV span kragte saam vir die 27ste Jaarlikse Radiodramaskryfkompetisie

RSG in samewerking met die ATKV bied vanjaar vir die 27ste keer die RSG radiodramaskryfkompetisie aan. Buiten ʼn  handleiding en ʼn slypskool, sal skrywers ook mentorskap ontvang. Die prysgeld is vanjaar R115 000.  Die algehele wenner ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15 000.  Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang.  ‘n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan ‘n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie. Buiten die prysgeld word die wendramas ook in 2024 op RSG uitgesaai. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Donderdag 31 Augustus 2023.  Inskrywings kan per e-pos gestuur word na radiodrama@rsg.co.za. Radio is intiem. Ons luister radio wanneer ons bestuur, op die rusbank sit, of wanneer ons stap. Dis ʼn gesprek tussen die … Lees meer RSG en ATKV span kragte saam vir die 27ste Jaarlikse Radiodramaskryfkompetisie