RSG kondig wenners van ons 28ste Radiodramakompetisie aan

Die wenners van die 28ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie, aangebied in samewerking met die ATKV, is pas in die gewilde program Spitstyd op RSG bekend gemaak. Hierdie kompetisie, wat jaarliks groot name en opkomende skryftalent lok, is ’n bewys van RSG se statuur as die pionier van radiodramas in Suid-Afrika. Om as wenner uit hierdie uiters gesogte kompetisie te tree, is nie net ’n eer nie, maar ook ’n kans om deel te wees van die tradisie om radioteater na die huise van luisteraars te bring. Volgens Estel de Beer, RSG se Senior Vervaardiger: Drama en Opvoedkunde, was daar vanjaar ’n merkbare styging in die kwaliteit van inskrywings. “Die beoordelaars het almal aangedui dat die inskrywings vanjaar van ’n uitsonderlike hoë standaard was. Die wenners het duidelik uitgestaan, en daarom het ons besluit om vanjaar ’n addisionele merieteprys toe te ken. Ons sien … Lees meer RSG kondig wenners van ons 28ste Radiodramakompetisie aan