Rugby uitsendings op RSG
RSG saai die eerste rugbytoets tussen die Springbokke en Wallis op Saterdag 2 Julie op Loftus uit. Die wedstryd begin om 17:05. Pieter van den Berg en Jody Hendricks is die kommentaarspan.
‘n Verdere bederf is die Carling Kampioene-wedstryd wat dieselfde aand in die Nelson Mandelabaaistadion gespeel word. Johan Rademan sal die kommentator wees. Hierdie wedstryd se afskop is 19:45.
As gevolg van die twee rugbywedstryde sal daar ‘n paar programveranderinge wees. Vastrap word reeds om 15:00 Saterdagmiddag uitgesaai, en gewilde programme soos U eie keuse sal eers om 22:00 aan die beurt kom en Countryklanke ná die 23:00 nuus en weer.
Sien die programaanpassings hieronder.
Programaanpassings vir Saterdag 2 Julie
14:30-15:00 : Tegnologie met Blaine
15:00-16:00 : Vastrap (vroeër)
16:00-17:00 : RSG Sport (Carla)
17:00-17:45 : Eerste helfte van Rugby (SA teen Wallis) – regstreeks met Pieter van den Berg en Jody Hendricks van mezzanine
17:45-17:55 : Nuus en Weer
17:55-18:45 : Tweede helfte van Rugby (SA teen Wallis) – regstreeks met Pieter van den Berg en Jody Hendricks van mezzanine
18:45-19:00 : Musiek van speellys
19:00-19:05 : Nuus
19:05-19:15 : Kiskenades
19:15-19:20 : Aandgedagte
19:20-19:45 : Musiek van speellys
19:45-20:35 : Carling Championship Rugby regstreeks – eerste helfte (regstreekse kommentaar deur Johan Rademan)
20:35-20:50: Musiek van die speellys
20:50-21:00: Nuus en weer
21:05-22:00 : Carling Championship Rugby regstreeks – tweede helfte (regstreekse kommentaar deur Johan Rademan)
22:00-23:00 : U eie keuse (later)
23:00-23:10 : Nuus en weer
23:10-00:00 : Countryklanke (verkort en later)
Klik hier vir die volledige RSG programskedule, en onthou dat jy kan altyd weer luister na jou gunsteling programme deur ons potgooi funksie.