SA boerbokvleis wêreldwyd gewild maar nie op ons winkelrakke nie


Die Suid-Afrikaanse boerbok is oor 70 jaar deur selektiewe teling in die land só goed ontwikkel dat diê bokras wêreldwyd gewild is, maar gaan nou na die supermark, dan kry jy nie bokvleis op die rak nie.

Kobus Lotter, voorsitter van die SA Boerbok Telersvereniging het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom dit so is.