SA se 1e vroue-sampioenboer: ‘Só boer ek suksesvol’
“Ek het 19 jaar gelede met sampioene begin boer. Dit was nog altyd ʼn droom vandat ek een oggend deur een van ons beeskrale gery en gesien het dat sampioene ná die reën orals opgekom het.” Marietjie Kruger van Chanmar Mushrooms buite Heidelberg in Gauteng het destyds bekendheid verwerf as Limpopo se heel eerste vroue-sampioenboer.
Sy deel haar landboupad met ons.
Lees meer oor sampioenboerdery: https://southafrica.co.za/af/sampioen-boerdery-suid-afrika.html