Sal SA in AGOA-ooreenkoms bly?


Amerika se Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, die sogenaamde Agoa-handelsooreenkoms, se beraad begin vandag in Washington DC en duur tot Vrydag. Vir Suid-Afrika beteken dié ooreenkoms miljarde dollar in buitelandse valuta. Die land se volgehoue deelname aan Agoa is egter in die weegskaal. Daar is druk op die Biden-regering om Amerika se totale verhouding met Suid-Afrika te hersien, wat Agoa insluit. Suid-Afrika het ‘n span by die beraad onder leiding van die Minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, om die Amerikaners te probeer paai.

Ons praat hieroor met professor Jo-Ansie van Wyk Unisa.