Skielike Kardiale Dood in jonger mense: eerder die gevolg van hartritme-defek as hartaanval

As ‘n jonger mens skielik ineenstort, dink ons onmiddellik dis ‘n hartaanval, maar is dit? Elektrofisioloog dr Razeen Gopal vertel meer oor Skielike Kardiale Dood, hoekom ‘n té hoë hartspoed noodlottig kan wees, hoekom ‘n hart wat tot stilstand gekom het, binne 10 minute weer moet klop, en van die nuutste ablasie-tegnologie om die algemeenste hartritme, atriale fibrillasie, te  behandel. Lees en luister ook: Eerste in Afrika: hartritme-defek met nuwe tegnologie behandel Dokters diagnoseer só hartprobleme met ‘n stetoskoop Dr Susan Vosloo gesels oor kinder-hartoperasies