Skrywers en boeke: oor Margaret Atwood, Tom Robbins, Ian McEwan, Abdulrazak Gurhah


Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Van DIE REISE VAN ISOBELLE tot WILHELMINA: KAMPKIND OP JAVA tot GRIET SKRYF ‘n SPROKIE en THE BOY WHO NEVER GAVE UP – daar is iets vir elke smaak. Ilse Salwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld vertel hy meer oor Margaret Atwood se langverwagte memoir, en THEFT, ‘n nuwe roman deur Abdulrazak Gurhah. Johan bring ook hulde aan Tom Robbins, en gesels oor Ian McEwan se jongste roman, WHAT WE KNOW.