Só voel stedelike, middelklas Bruin mense oor Afrikaans
Afrikaans vier vanjaar ‘n eeu as amptelike taal. Die meeste sprekers van Afrikaans is Bruin, en volgens Statistieke Suid-Afrika het meer as 77% Bruin mense aangedui hulle huistaal is Afrikaans.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied Vrydag hulle Geskiedenissimposium aan. Een van die referate wat daar gelwer sal word, handel oor stedelike, Bruin, middelklashuishoudings se siening en gevoel oor Afrikaans.
Merlyn van der Rheede het haar meestersgraad hieroor gedoen, en lewer Vrydag haar referaat.