Sondebelasting: Slaag Jan Taks?


Jaar na jaar word aksynsbelasting, of sondebelasting soos dit in die volksmond bekendstaan, verhoog. Byna elke jaar kla die alkohol- en tabakbedryf en verbruikers oor die verhogings. Hoe effektief is Jan Taks om hierdie belasting in te vorder, veral in die lig van die ekstra geld wat die minister van finansies wil hê om die land se boeke te laat klop?

Ons praat hieroor met professor Corné Walbeek van die Universiteit van Kaapstad. Hy doen al jare lank navorsing hieroor.