Stres in werkplek is erger vir vroue as mans


Die Stellenbosch Bestuurskool het onlangs sy 2024 Vroue-verslag vrygestel, en daar is onder meer bevind dat vroue wat voltyds werk, onder erge stres gebuk gaan, meer as hulle manlike eweknieë. Die stres kan toksies wees en lei tot baie negatiewe gevolge vir vrouewerknemers én vir maatskappye of besighede wat werk verskaf.

Ons praat hieroor met prof. Renata Schoeman, ‘n psigiater en hoof van Gesondheidsleierskap by Stellenbosch Bestuurskool.