Nuwe soort kankerbehandeling kan sommige gevorderde kankers stuit; dek jou mediese fonds dit?


‘n Vrou wat in April 2024 met verspreide longkanker gediagnoseer is, was drie maande later sonder ‘n teken van kanker. Sy is met geteikende medikasie behandel. Hoe werk dit? En waar pas nuwe kankerbehandelings en bestaande chemoterapie en bestraling in?

Deel 2

Geteikende kankerterapie kan vir sekere kankers, selfs gevorderde en verspreide kanker, in bedwang bring. Dit word saam met immunoterapie as die kankerbehandeling van die toekoms gereken. Het geteikende kankerbehandeling newe-effekte? Moet ‘n pasiënt dit vir altyd gebruik? Dek jou mediese fonds die nuutste kankertoetse en -behandeling?