Luister weer: Dokumentêr oor legendariese Jerry Watt en The Rockets


Carla Mackenzie kyk na die kleurvolle geskiedenis van wyle Jerry Watt en die internasionaal bekende The Rockets.

Jerry Watt

Die groep van vyf mans het op die Kaapse Vlakte begin, maar het later jare die verhoog gedeel met internasionale musiektalent soos Usher, Luther Vandross en selfs die Spice Girls!

Die voormalige leier en kitaarspeler van die geliefde groep The Rockets is dood ná ’n stryd met gevorderde sagteweefselkanker. ’n Kleinkind van Jerry volg egter in sy oupa se voetspore en sorg dat die musiek aanhou speel.

Jerry Watt en Alison op hul troudag.

In hierdie dokumentêr gesels Carla met Jerry se vrou, Alison, oor die nalatenskap wat haar oorlede man en The Rockets vir nog geslagte nagelaat het. Manuel Losper, jarelange vriend en deel van die Rockets en Dr Victor deel ook herinneringe.

The Rockets