Luister weer na hoe jukskei oor die afgelope byna 300 jr ontwikkel het
Vir 290 jaar in die Sandput – Marize de Klerk kuier op die jukskeibaan.
Kom kuier vanaand net ná agtuur saam in die sandput en ontdek by monde van toeka se legendes uit die argiewe en vandag se staatmakers en spelers hoe jukskei oor sowat 300 jaar van ‘n uitspanplekspeletjie in ‘n sportkode verander het wat professioneel en wetenskaplik bestuur word, internasionaal erken word as ‘n nie-Olimpiese presisiegooisportkode, en tot ‘n moderne tydverdryf ontwikkel het en geniet word.
Agtergrond-inligting
2024 is die 290ste verjaarsdagmylpaal sedert die dragonders in die destydse Kaapkolonie, na oorlewering, vir die eerste keer ‘n pen in die sand geplant het en as ‘n tydverdryf by uitspanplekke met ossewa-jukskeie daarna gegooi het.
Min kon dié soldate weet dat na byna 3 eeue, oud en jonk in verskeie lande, steeds met skeie na ‘n pen in ‘n sandput sou gooi – nie net vir pret nie, maar ook in kompeterende internasionale sportwedstryde.
Al roep jukskei deesdae dalk steeds beelde op van die Voortrekkers wat met hul ossewaens deur die bosse na die noorde voortstu, is hierdie stukkie Suid-Afrikaanse sporterfenis se realiteit en geskiedenis aansienlik meer kleurryk.
Jukskei is deesdae die enigste inheemse Suid-Afrikaanse sportsoort wat via die Internasionale Olimpiese Komitee by Tafisa, The Association for International Sport for All, en die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee, geaffilieer.
Volgens navorsing is jukskei vanuit ‘n tegniese oogpunt, een van die moeilikste sportsoorte ter wêreld.
Die oudste jukskeiklub is in Limpopo en is ouer as Jukskei Suid-Afrika se 84 jaar. Selfs die immergroen Afrikaanse musiekjuweel en -treffer, Die Oukraalliedjie, is gebore uit jukskeigeledere!
Jukskeideelname in die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap het hupstoot gekry sedert die spel se insluiting in die Suid-Afrikaanse regering se Inheemse Spele-inisiatief. Die Suid-Afrikaanse diaspora, die internet en sosiale media spoor nie net belangstelling en deelname onder die jeug aan nie, maar ook in lande soos Uganda, Benin, Spanje, Indië en die VSA.
Nadia Strydom van Belabosjukskeiklub verduidelik hoe ‘n jukskeitelbord werk. Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo:
Video: SA vs SA A o/19 dogters, 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:
Fanie Heyneke, voorsitter van Die Oog Jukskeiklub tydens die Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo:
Fanie Heyneke, voorsitter van Die Oog Jukskeiklub demonstreer die jukskeikierie, Die Oog Aftreelandgoed, naby Mookgopong (Naboomspruit) Limpopo. Met “agtergrondmusiek” soos net sonbesies kan maak op ‘n bloedige warm Bosvelddag in Desember:
Vet pret en groot gees langs die jukskeibaan. Mpumalanga o/16 meisies. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:
SA, SA A en SA Akademiespanne sing volkslied voor die aanvang van vertoonwedstryde. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:
SA vs SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023
Mihle Phinzi, SA A o/19 seuns 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:
Ashaki Rasi SA A o/19 2023 meisies SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:
Johané Grobler SA o/19 2023 meisies SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:
Jukskei in Uganda. Video: Internasionale Jukskei Federasie:
Herklaas Taljaard, jukskeihistorikus verduidelik aan Marize de Klerk hoe dit gekom het dat jukskei in die VSA gespeel word:
Alle foto’s en video’s deur Marize de Klerk behalwe waar anders aangedui
Meer inligting
Hoe speel ‘n mens jukskei?