Verkiesing 2024: ANC-uitslag was dekades lank ondenkbaar


Die verkiesing is verby, en is vry en regverdig verklaar.Behalwe die DA en die MK-party, het byna al die ander partye minder setels as ná die 2019-verkiesing. Die grootste verloorder was die ANC, wat byna 30%, of 17 persentasiepunte, van sy steun verloor het. Dis die eerste keer in 30 jaar wat dié party, wat alle hefbome van die regering beheer het, nie meer daardie beheer sal hê nie. Ons praat hieroor met Pieter du Toit, assistentredakteur van News24.