Moderne tandheelkunde: Mikpunt is mond vol eie, mooi tande op 90


Groot vordering is die afgelope 20 jaar en meer gemaak in tandheelkunde. Van wit stopsels tot implantate en die behandeling van tandvleis – baie kan gedoen word om jou tande mooi en gesond te hou.

Dr JJ Serfontein

Marí Hudson praat met dr. JJ Serfontein oor die jongste tegnieke om jou glimlag so mooi as moontlik te maak.

Ons gesels oor amalgaam stopsels, nuwe keramiekstopsels, veneers, krone en implantate, en 3D tegnologie om alle veranderings goed te beplan. En ook oor valstande, middels wat jou tande wit maak, flos en tandvleisbloedings.