Vroue van Ashton bring skool op been
Toe ‘n groep boervroue destyds besluit het om kragte saam te span ter wille van die opheffing van plaaslike kinders, het ‘n organisasie tot stand gekom wat die lewensroete van honderde jongmense help rig na een van betekenisvolle deelname en selfwaarde. Patrizia van Zyl, Nelanie Bruwer en Amanda de Wet van Ashton in Action vertel van ‘n skool wat op die been gebring is met die bystand van die plaaslike landbougemeenskap.