Die kwessie van testosteroonvlakke in vroue is met die Caster Semeya-saak by die IAAF op die spits gedryf. In die lig hiervan kyk ons na drie sleutelkwessies: verhoogde testosteroon in vroue, verbeter hoë vlakke sportprestasie en kan laboratoria onderskei tussen natuurlike en toegediende testosteroon?