Wat beteken jou produktiwiteit?
Volgens Gallup se STATE OF THE GLOBAL WORKPLACE 2023 is slegs 23% van werknemers wêreldwyd werklik besig by die werk. Dit laat ‘n allemintige 77% van werknemers wat nie hulle kant bring nie. Die amptelike term daarvoor is Quiet Quitting. Wat behels dit, en watter invloed het dit op die werksmag en ekonomie. Ons praat hieroor met Anja van Beek, ’n talent- en kultuurstrateeg, asook leierskap- en menslike hulpbronkenner.