Wat doen Kragklappe aan jou brein?

Kragklapkompetisies is reeds in Amerika baie gewild. Dit is ook aan die posvat in Suid-Afrika. Die ontvanger staan weerloos en wag vir ‘n kragtige plathandklap teen sy/haar wang. Op video’s hieronder kan gesien word hoe die ontvanger steier en val en dan onvas op sy voete is. En dan, nadat hy in sy onvastigheid ‘n klap toegedien het, is hy gereed vir die tweede klap. Die klappe kan harder wees as ‘n vuishou direk in iemand se gesig. Kakebene is al gebreek en harsingskudding op harsingskudding kan in video’s gesien word. Wat gebeur in die brein as die persoon so platgeslaan word en dan onvas is? Mari Hudson gesels met Dr Pierre Viviers, sportgeneeskundige van die Universiteit van Stellenbosch en ‘n kenner op die gebied van breinbeserings soos onder meer harsingskudding in veral sportmanne. Luister na Deel 1 oor Kragklappe … Lees meer Wat doen Kragklappe aan jou brein?