Wat is die wetenskap agter manifestasie?


Ons delf in die wêreld van manifestasie, en ondersoek die idee dat ons gedagtes, emosies en bedoelings die krag het om ons werklikheid te vorm. Voorligtingsielkundige Luricka Fick deel praktiese wenke en tegnieke om die krag van manifestasie te benut om ons doelwitte en drome te bereik. Sy bespreek die wetenskap agter manifestasie, insluitend die rol van die neurowetenskap. Sy deel ook hulpbronne op haar webwerf, wat kan help om jou doelwitte te aktualiseer.