Wat is jou verhouding met alkohol?

Vrydag 11 Mei 2018 – Of jy van alkohol hou of dit haat, ons almal het ‘n verhouding met alkohol. Met die hoë voorkoms van alkoholmisbruik in Suid-Afrika is dit nodig dat ons almal dink oor hierdie verhouding. Lise Swart praat verder met twee ervare sielkundiges oor hierdie verhouding, hoe jy dit beter kan verstaan, en hoe jy ander kan help indien daar probleme is.