Wat is kosmologiese tydrekking?


Prof. Matie Hoffman praat oor die vreemde konsep van kosmologiese tydrekking, en hoe sterrekundiges ’n slim manier ontwikkel het om dit te meet. Nog ‘n ongewone term is helioseismologie. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe sterrekundiges die binnekant van die Son met hierdie tegniek kon ontleed. Ons luister ook na vreemde klanke afkomstig van die Son.