Wat jy moet weet van skisofrenie
Skisofrenie is ‘n geestestoestand wat gekenmerk word deur ‘n gebrek aan sinvolle en logiese denkprosesse.
Persone wat hieraan ly, ervaar dikwels ‘n breuk met realiteit, wat veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat vir die meeste ander mense nie bestaan nie. Die vreemde gedagtes wat die skisofreen teister, en die buitengewone vrese waaronder hy of sy soms gebuk gaan, kan daartoe lei dat hulle deur die samelewing as snaaks of abnormaal ervaar word.
As die toestand nie reg bestuur en beheer word nie, kan dit dus tot ernstige probleme op ‘n sosiale en werksvlak lei.