Wat verg dit om op die hoogste vlak mee te ding?


Die wêreld se oë is vasgenael op Parys waar atlete hulle staal wys in elke sportsoort denkbaar, selfs briekdans. Dis ‘n skouspel van menslike vermoëns wat jy net elke vier jaar te siene kry. Maar terwyl jy kyk, onthou jy die name wat jy vier jaar gelede ook in aksie gesien het. Hulle is dikwels van lande wat medaljes inoes, en seil deur uitdunrondes soos wat die beste van die beste uitgefilter word.

THIS spectacular picture captures Tatjana Smith during her 200m breaststroke heat at the Paris Olympics yesterday. Reuters

Hoe kry sekere lande en spanne dit reg om so baie medaljes te wen? Dis iets wat ook by vanjaar se gasheerland, Frankryk, gespook het. Die Franse het besluit dat hulle nie vasgevang wil bly in die middelmatigheid waaraan hulle sportfederasies oor jare gewoond geraak het nie – veral nie by die Spele wat hulle self aanbied nie. Daar’s van die hoogste vlak af besluit om in te gryp, en ‘n wennasie te skep.

Ons praat hieroor met met prof. Pieter Kruger, die sielkundige van Span Suid-Afrika by vanjaar se Olimpiese Spele.