Wees-renostertjie Arthur sterk aan


Arthur op 4 weke

Arthur, ‘n maand-oue swart renoster kalfie wat wees gelaat is nadat sy ma deur stropers afgemaai is, sterk aan.

Arthur het by die dood omgedraai toe hy deur die stropers met ‘n machete oor sy blad gekap is terwyl hy sy ma wou beskerm het, en word nou by Care for the Wild Renoster Rehabilitasie Sentrum versorg.

Hanri Wondergem van Spektrum berig dat ‘n vrywilliger, Michelle Potgieter na sy aankoms by die diere rehabilitasie-sentrum om hulp gevra. Binne dae het talle organisasies en maatskappye saamgespan om vir Arthur te help.

 

So is Arthur by sy ma gevind nadat sy deur stropers doodgemaak is.

Kyk hoe Arthur speel

Kyk ook na die video deur op een van die skakels onder die foto te klik:

https://web.facebook.com/careforwild/videos/
https://web.facebook.com/careforwild/videos/1248820258586234/

Lees meer oor Arthur

WATCH Brave Rhino Orphan Play as he Heals from Machete Attack