Wêreld Bewaringslandboukongres in Kaapstad


Die 9de Wêreldkongres oor Bewaringslandbou is die afgelope paar dae onderweg in Kaapstad. Van die voorste wetenskaplikes en boere van regoor die wêreld is byeen om aspekte van dié manier van boerdery onder die loep te neem. Bewarings- en herlewingslandbou kry wêreldwyd al hoe meer stukrag. Die kongres word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Landbouweekblad aangebied.

Ons praat hieroor met die redakteur van Landbouweekblad, Chris Burgess.