Weste se opwinding oor SA kwyn by die dag


Dr. Heinrich Matthee, ‘n ontleder vir bedrywe in die Midde-Ooste, skryf in ‘n onlangse artikel dat die Britte se gevoel teenoor Suid-Afrika deesdae maar bra flou is.

Die naweek het menige Suid-Afrikaner wat in die buiteland woon en werk, hulle kruisies getrek het in vanjaar se rigtinggewende algemene verkiesing. Van die byna 80 000 potensiële kiesers, het verreweg die meeste koers gekies na Suid-Afrika-Huis op Trafalgarplein in Londen. Skaars ‘n paar straatblokke van die Suid-Afrikaanse Hoë Kommisariaat by Trafalgarplein, is St. James’s-plein, waar ‘n mens Chatham House aantref. Dis die hoofkantoor van een van die wêreld se bekendste dinkskrums, waar daar ontleding en navorsing gedoen word oor internasionale aangeleenthede. Chatham House het 30 jaar ná Nelson Mandela se inhuldiging as Suid-Afrikaanse staatshoof op 10 Mei 1994, ‘n konferensie aangebied oor die bande tussen Suid-Afrika en Brittanje.