Wettige vuurwapenprobleem in SA?


Die Stellenbosse akademikus, dr. Guy Lamb, het onlangs in ‘n artikel gesê daar moet herbesin word oor vuurwapenbesit in Suid-Afrika. Suid-Afrika het van die hoogste moordkoerse ter wêreld, en Lamb sê hoewel onwettige vuurwapens ‘n beduidende rol speel, hou wettige vuurwapens ‘n beduidende risiko in.

Ons praat hieroor met Ian Cameron in sy hoedanigheid as stigter en direkteur van Firearms.co.za en Firearms Guardian.